On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Man van Noordwes vas oor 15 gesteelde skape

───   17:34 Thu, 22 Dec 2022

Man van Noordwes vas oor 15 gesteelde skape | News Article
FOTO: Facebook

'n 34-jarige man is deur die Vryburg-polisie se eenheid vir veediefstal- en bedreigde spesies in hegtenis geneem nadat 15 gesteelde skape met ‘n waarde van R37 000 in sy besit gevind is.

Volgens polisiewoordvoerder Aafje Botma, het die polisie inligting opgevolg wat hulle Dinsdag ontvang het oor 'n man wat skape by die slagpale in Stella, Noordwes, van die hand wou sit. Die man is in hegtenis geneem nadat hy nie rekenskap vir die skape kon verskaf het nie.

Die verdagte, Itemogeng Joseph Khavango, is Woensdag in die Vryburg-distrikshof van die besit van vermoedelik gesteelde vee aangekla.

“Die verdagte is in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op Maandag, 23 Januarie 2023 vir ’n formele borgtogaansoek,” sê Botma.

“Na ‘n voorlopige ondersoek is die eienaar opgespoor wat die skape positief uitgeken het.”

Die waarnemende distrikskommissaris, brigadier Tshenolo Tlotleng, het die polisie geloof vir hul toewyding wat gelei het tot die inhegtenisname van ‘n verdagte en die herwinning van vermoedelik gesteelde vee.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.