On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Watervlakke naby Keimoes styg gevaarlik

───   08:21 Thu, 22 Dec 2022

Watervlakke naby Keimoes styg gevaarlik  | News Article
Children in Keimoes making the most of the new "swimming spot". PHOTO: Michael Walker

Die munisipale bestuurder van die Kai Garib-munisipaliteit, Obakeng Isaacs, sê inwoners langs die Oranjerivier moet hul veiligheid eerste stel deur diere, waterpompe en infrastruktuur langs die rivier te verwyder.

Die vlakke van die Benede-Oranjerivier styg aansienlik en die moontlikheid van 'n vloed is onvermydelik. Hy waarsku dat alle wateraktiwiteite dadelik gekanselleer moet word omdat dit noodlottige gevolge kan inhou.

Die president van die Oranjerivier Landbou-unie, Wilco Fourie, sê dat die aantal reën van die laaste 10 dae, kan daartoe lei dat die Oranjerivier tussen Kersfees en Nuwejaar met minstens 2200 kubieke meter per sekonde vloei.

Hy voeg by geen reën wat vir die komende dae voorspel word, wat “baie goeie nuus is”.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.