On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse paaie tot nasionale roetes verklaar

───   06:30 Sun, 13 Nov 2022

Noord-Kaapse paaie tot nasionale roetes verklaar | News Article

Padgebruikers van die Noord-Kaap is in die wolke oor ’n aankondiging dat amper 'n duisend kilometer se provinsiale paaie in die provinsie tot nasionale paaie verklaar is.

Netwerk24 berig dit beteken Sanral aanvaar verantwoordelikheid vir onder meer die pad tussen Steinkopf en Alexanderbaai, dié tussen Kimberley en Kuruman en tussen Postmasburg en die N14.

Noord-Kaapse VF Plus-leier, Wynand Boshof, sê hulle verwelkom die besluit omdat nasionale paaie oor die algemeen beter in stand gehou word.

Beter paaie kan voordelig vir toerisme en die landbou wees, terwyl die toenemende mynbou-aktiwiteite by Postmasburg, Kathu en Kuruman tot ’n toename in vragverkeer gelei het, wat ook beter paaie vereis.

OFM-nuus/Morné van Rooyen

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.