On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Kom smul aan alles wat lekker is by Vrystaat Kunstefees

───   HEIDRÈ MALGAS 10:49 Thu, 06 Oct 2022

Kom smul aan alles wat lekker is by Vrystaat Kunstefees | News Article
FOTO's: Facebook

Die Vrystaat-gebaseerde kunstefees is 'n Afrikaanse taalfees wat ook kreatiewe verbintenisse met Sesotho en Engelse kulture, sowel as nasionale en internasionale kulture, smee.

Die Vrystaat Kunstefees is baie bekend vir sy mark, waar mense kan smul aan lekker kos en bederfies.

Organiseerder Atie Kamper vertel dat die kunstefees bekend is vir sy kosstalletjies en daar is oor as genoeg vir almal om te geniet.

Kamper vertel dat daar so baie van haar gunstellinge is, van die Kudu-burgers, shwarma’s, hamburgers tot heerlike aarbeie en room.

Sy vertel verder wat hulle uniek maak, is dat daar soveel stalletjies is wat van Pretoria tot die Kaap af kom, en al is dit moeilik vir die uitstallers met die hoë petrolpryse, kom hulle nog steeds om alles wat opwindend is te koop aan te bied.

“Die uitleg van die mark is baie uniek. Dit is op die terrein van die universiteit en dit is nie in tente nie, hoewel daar één is omdat ons nie hierdie keer van die Callie Human kon gebruik maak nie,” sê Kamper.

Sy vertel dat die kunstefees gesellig is en ‘n lekker familie-uitstappie is. Daar is baie lekker en goeie goed wat gaan kom.

Toegangskaartjies vir die mark is te koop by Webtickets teen R20 per persoon en 'n mens kan dit by die hek ook koop.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.