On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Familie se gebrande huis opgeknap

───   HEIDRÈ MALGAS 16:09 Thu, 18 Aug 2022

Familie se gebrande huis opgeknap | News Article
PHOTO: Heidrè Malgas

Twee broers wat met dwelmmisbruik gesukkel het, is gerehabiliteer en met 'n opgeknapte huis deur die Vrystaatse Premier, Sisi Ntombela, beloon.

Die twee broers het Donderdag die opgeknapte huis in Freedom Square, Bloemfontein, in ontvangs geneem nadat dit vroeër gedeeltelik gebrand het.

Ntombela sê die kinders was almal weeskinders en die twee broers het dwelms gebruik. Die seuns en hul suster is in April 2022 die huis geskenk.

LEES MEER: Letsema Free State family receives new home

“Die broers het aan die president gesê hulle is moeg daarvoor om dwelms te gebruik en het hulp nodig,” het sy gesê.

Die broers was vir vier maande in rehabilitasie en was verras deur die nuut-opgeknapte huis, wat nuwe klere en nuwe meubels vir 'n nuwe begin ingesluit het.

OFM-nuus het vroeër berig die eerste keer wat die huis oorhandig is, het president Cyril Ramaphosa die premier en haar span geprys vir die identifisering en bystand van die familie in nood. Hy het herhaal dat inwoners hand aan hand met ANC-amptenare moet werk om 'n beter toekoms vir Mangaung te bou.

Ntombela het genoem dat die opknapping gedoen is deur 'n barmhartige Samaritaan wat wou help en sy hoop om meer van hierdie projekte te sien.

“Daar is baie jong mense wat moeg is vir dwelmgebruik en graag na die rehabilitasiesentrums wil gaan,” het Ntombela gesê.

Ntombela het aan die gemeenskap genoem dat almal 'n beurt kry om geseën te word, soos die seuns en hul suster.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.