On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley 4 Kimberley kry groot skenking om infrastruktuur op te knap

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:51 Thu, 25 Apr 2024

Kimberley 4 Kimberley kry groot skenking om infrastruktuur op te knap | News Article
Paaie word in Kimberley herstel. Foto verskaf

“Die Kimberley 4 Kimberley-projek is ’n samewerking tussen die Sol Plaatje-munisipaliteit, die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Nocci), plaaslike ondernemings en inwoners.”

’n Bankgroep het ’n aansienlike skenking aan die Kimberley 4 Kimberley-padwerkprojek gedoen.

Hierdie ruim bydrae van Absa Bank is ’n aansienlike hupstoot tot die voortgesette pogings van die Kimberley 4 Kimberley-projek, wat daarop gemik is om altesaam R10 miljoen in te samel om kritieke padherstelwerk en opgraderings in die gebied uit te voer.

Noodsaaklike hulpbronne, insluitend teer en materiaal, word deur Sol Plaatje-munisipaliteit verskaf terwyl die aangestelde kontrakteur toesig hou oor die deurslaggewende taak van padherstelwerk en opgradering. Die Kimberley 4 Kimberley-projek is ’n samewerkingspoging tussen die Sol Plaatje-munisipaliteit, die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Nocci), plaaslike ondernemings en inwoners.

Paaie in Kimberley verbrokkel en inwoners kla gereeld oor hoe moeilik dit is om op die paaie te ry.

“As die hoofstad van die Noord-Kaap speel Kimberley nie net ’n belangrike rol in die verskaffing van geleenthede vir individue en sakeondernemings in die streek nie, maar dit dien ook as ’n noodsaaklike oornagplek vir reisigers tussen Kaapstad en Johannesburg,” het Faisal Mkhize, uitvoerende hoof by Absa se Verhoudingsbankdienste, gesê.

DF Marais, die kontrakteur vir die Kimberley 4 Kimberley-projek, het sy dankbaarheid uitgespreek vir die bydrae en verklaar dat dit ’n noodsaaklike stap is om die projek se doelwitte te bereik. “Hierdie samewerking tussen Absa en die Kimberley 4 Kimberley-projek is ’n uitstekende voorbeeld van hoe verskillende entiteite bymekaar kan kom om gedeelde uitdagings aan te spreek en ’n positiewe impak op gemeenskappe te maak.

“Benewens sy ondersteuning vir die Kimberley 4 Kimberley-projek toon Absa sy verbintenis tot toerisme in die Noord-Kaap, veral in Kimberley, deur die medeborg van die Absa Wildeklawer Sporttoernooi, die grootste van sy soort in Suid-Afrika.

Met die Kimberley 4 Kimberley-padprojek word paaie herstel. 

“Die toernooi, wat van 23 April tot 4 Mei in Kimberley plaasvind, beklemtoon Absa se toewyding om ekonomiese groei en ontwikkeling in die streek aan te dryf.”

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.