On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Premier Ntombela reageer op moorde buite Kestell

───   HEIDRÈ MALGAS 13:30 Sat, 16 Jul 2022

Premier Ntombela reageer op moorde buite Kestell | News Article

Die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, het haar skok uitgespreek ná die moord op sewe mense op 'n plaas buite Kestell.

OFM-nuus het vroeër berig dat volgens polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, is die slagoffers na bewering wreed deur 'n onbekende verdagte of verdagtes doodgeskiet.

LEES OOK: #NuusPasIn: Sewe mense op plaas buite Kestell vermoor

Ntombela het verder bygevoeg dat sy bekommerd is dat hierdie moorde besig is om toe te neem ná die moord op 16 mense verlede week in Orlando, Soweto.

ALSO READ: Two arrested for Kestell farm murders

Sy het verder in 'n verklaring bygevoeg dat sy die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling in die Vrystaat, Mamiki Qabathe, versoek het om maatskaplike werkers na die gesinne van die slagoffers te stuur om berading te verskaf.

“Terwyl ons nie al die feite op die oomblik het nie, veroordeel ons hierdie wrede en onmenslike daad...” het sy gesê.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.