On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Departement monitor damvlakke

───   14:26 Wed, 19 Jan 2022

Departement monitor damvlakke | News Article

Woordvoerder vir die Departement van Water en Sanitasie, Sputnik Ratau, sê die situasie by die Katsedam, wat van 99,2% tot 105% gestyg het, word voortdurend gemonitor.

Ratau sê die dam is aansienlik voller as 54% 'n jaar gelede, en dat die voortdurende reën ook Lesotho geraak het.

Hy voeg by wat die Vaal- en Oranjerivierstelsel betref, is watervlakke steeds besig om te styg met die Vaaldam wat sedert gister met 2% toegeneem het na 110,5% gevolg deur die Bloemhof op 112,1%.

Hy sê die Bloukop se vloei is vroeg vanoggend gemeet op 101,9 kubieke meter per sekonde, gevolg deur Grootdraai op 102,5 kubieke meter per sekonde.

Ratau sê verder dat hulle bekommerd is oor die vloei van die Middelvaal by Orkney, wat tans teen 1 290 kubieke meter per sekonde vloei en ‘n groot impak op die Vaalrivier het.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.