Central SA
Springkaan-plaag kos regering reeds mijoene─── CATHY DLODLO 13:35 Wed, 05 Jan 2022
Die bestryding van die bruin sprinkaanplaag in die Noord-Kaap en ander provinsies het reeds die Nasionale Departement van Landbou, Grondhervorming and Landelike ontwikkeling miljoene gekos.
Die departement sê - in ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag in die parlement – dat die plaag ook in die Oos-Kaap, Wes-Kaap en Vrystaat aangemeld is.
Bestryding van die plaag in al dié provinsies het die departement reeds meer as R74,6m gekos.
Hierdie koste sluit die aanstelling en opleiding van kontrakteurs in.
Insekdoders, spuitpompe en veiligheidsklere is ook aan die kontrakteurs verskaf.
Die department sê ‘n verskaffer wat helikopterdienste lewer is ook aangestel.
Die uitbraak is – volgens die department – in sowat 45 verskillende streke in die Noord-Kaap tussen January 2020 en Augustus 2021 onder beheer gebring.
Motoriste in dié provinsies het verskeie swerms sprinkane oor die feesseisoen aagemeld, en videos daarvan is op sosiale media versprei.
OFM-nuus