On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

DA kap Sedibeng Water

───   17:10 Wed, 10 Feb 2021

DA kap Sedibeng Water | News Article

Sedibeng Water se beweerde versuim om aan vloedwater-waarskuwings gehoor te gee het veroorsaak dat meer as 14 dorpe in die Nama Khoi munisipale gebied sonder water sit, nadat krane die naweek leeggeloop het.

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die provinsie beskuldig Sedibeng Water daarvan dat hulle nie die waarskuwings om pompe van die oewers van die Oranjerivier te verwyder ernstig opgeneem het nie. 

Die party sê hulle gaan nou klagte by die Menseregtekommissie indien omdat Sedibeng en die Nama Khoi munisipaliteit duisende inwoners se reg tot basiese dienslewering - wat water insluit - geskend het.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.