On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Ses vas vir vragmotorbande diefstal

───   07:24 Sun, 08 Mar 2020

Ses vas vir vragmotorbande diefstal | News Article

Ses verdagtes is gearresteer vir die besit van gesteelde vragmotorbande ter waarde van 'n geraamde R150 000, en gewapende roof nadat 'n vragmotorbestuurder omstreeks 01:30 op Saterdag naby Glen oorval is.


Die 35-jarige slagoffer het sy vragmotor en twee sleepwaens langs die N1 naby Weltevreden geparkeer en gewag op hulp nadat hy 'n pap band opgedoen het. 

Ongeveer 8 gewapende mans het toe te voorskyn gekom. Die bestuurder se hande is met skoenveters vasgebind en hy is met 'n kombers bedek. 

Benewens die agt vragmotorbande het die verdagtes ook die bestuurder se selfoon sowel as 'n sak vol klere gebuit. 

Die polisie is in kennis gestel en beamptes het die verdagtes se Toyota Hilux met die vragmotorbande agterna gesit. 

Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 35 en 47 jaar oud, sal eersdaags in die hof verskyn - ondersoeke duur voort.


Verklaring verskaf.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.