On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

NK-premier stel Bloodhound Supersonic-motor bekend

───   16:33 Mon, 21 Oct 2019

NK-premier stel Bloodhound Supersonic-motor bekend | News Article
FOTO: Twitter

Die bekendstelling van die blitsige Bloodhound Supersonic-motor het vandag afgeskop op die Hakskeenpan-woestynrenbaan in die Noord-Kaap.


Dié spesiale geleentheid is aangebied deur die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, saam met die Uitvoerende Hoof van Bloodhound Land Speed Record (LSR), Ian Warhurst.

Saul het aan OFM-nuus gesê dat die geleentheid aan sowat 600 inwoners van die Mier-munisipaliteit werk verskaf het. “In terme van ons toerismestrategie, wil ons die Noord-Kaap projekteer as 'n provinsie van ekstreme sportsoorte en avontuur. Hierdie belegging en die Bloodhound Supersonic-motor wat die wêreld se vinnigste landspoed sal aanteken, spreek direk hiervan. Dit is dus vir ons baie belangrik, en dit gee die provinsie die wêreldwye dekking waarna ons streef,” het hy verduidelik.

Saul het verder gesê hy was beïndruk met die belangstelling wat die inisiatief by jongmense gewek het. Hy het bygevoeg dat slegs buitelandse ingenieurs betrokke is, maar hoop dat dit leerders sal inspireer om Wiskunde en Wetenskap op skool te neem sodat die provinsie kan belê in leerders om ingenieurs te word om deel van hierdie projek te vorm.

OFM-nuus het voorheen berig dat Hakskeenpan reeds in 2009 gekies is vir die aangeleentheid nadat die Bloodhound-span, insluitend die huidige rekordhouer Andy Green, die wêreld deurkruis het vir die perfekte terrein.

Die span sal in die volgende weke poog om ‘n spoed van meer as 800 km/h te bereik.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.