On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Betogings in NK gehou

───   13:27 Tue, 10 Sep 2019

Betogings in NK gehou | News Article

Te midde van betogings vanoggend soek inwoners van Ritchie in die Noord-Kaap steeds antwoorde oor die aanstelling van subkontrakteurs vir 'n padprojek.


Plaaslike raadslid, John Makhamba, sê inwoners versoek dat aanstellings op só ‘n manier gedoen word dat almal ‘n gelyke kans sal kry. Die padprojek, wat die opknapping van die provinsiale pad behels wat vanaf die N12 na Ritchie toe lei, is die oorsaak van dié ontevredenheid onder inwoners. Inwoners het vroeg vanoggend paaie versper met klippe en brandende bande wat motoriste verhinder om in of uit die dorp te beweeg. Leerders kon nie vanoggend skool bywoon nie en busse en minibustaxi’s kon nie inwoners uit die dorp vervoer nie.

Intussen het nog betogings vanoggend in Roodepan in Kimberley uitgebreek. Polisiewoordvoerder, Dimakatso Mooi, het aan OFM-nuus gesê dat net een pad versper was en dat die situasie tans onder beheer is. Dit nadat inwoners vanoggend na bewering oor dienslewering gestaak het.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.