On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vyf dood op Vrystaatse paaie

───   08:58 Sun, 08 Sep 2019

Vyf dood op Vrystaatse paaie | News Article
PHOTO: Supplied

Een persoon is dood, drie in 'n kritieke toestand en twee het ligte beserings is in die vroeë oggendure in Welkom in die Vrystaat opgedoen, in 'n botsing reg van voor tussen 'n minibustaxi en 'n luukse voertuig.


Lazerus Moshoeu van 1 Life 911 paramedici, het bevestig dat 12 mense in die ongeluk betrokke was en dat dit duidelik is dat die minibustaxi die ongeluk wou vermy, maar sonder enige sukses. 

Hy het verder gesê dat slegs enkele minute ná dit, 'n ander ongeluk waarin 'n Hyundai H1 bakkie met 15 mense gery het, aangemeld is. Volgens hom het die bakkie blykbaar beheer verloor en is van die brug af.

In nog voorvalle hierdie naweek is drie persone op die R57 in Sasolburg in die Vrystaat dood, het Netcare 911 woordvoerder, Shawn Herbst bevestig.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.