On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

President besorgd oor geweld

───   09:46 Wed, 04 Sep 2019

President besorgd oor geweld | News Article

President Cyril Ramaphosa het sy besorgdheid oor geweld op sy Twitter-blad uitgespreek.


Hy het verklaar dat hy die verspreiding van geweld deur verskillende provinsies ten sterkste veroordeel en dat hy ministers van veiligheid, sekuriteit en polisie aanspoor om die dade van kwaadwillige geweld te monitor en maniere vind om dit te beëindig.

Hy het verduidelik dat die geweld teen eienaars en hul ondernemings totaal onaanvaarbaar is. Dit kom nadat totale chaos die afgelope paar dae in Gauteng losgebreek het waar geweld, plundering en vernietiging van besighede die middelpunt was. Verskeie mense is in die chaos beseer nadat die polisie rubberkoeëls, skokgranate en traangas gebruik het om die situasie onder beheer te probeer bring.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.