On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Skoksyfers van stakende gesondheidswerkers bekend

───   17:49 Thu, 11 Jul 2019

Skoksyfers van stakende gesondheidswerkers bekend | News Article

Die reeds sukkelende Noordwes-gesondheidsdepartement se dienste is altesaam 29 keer deur stakende gesondheisdwerkers lamgelê.


Die department – wat onder administrasie geplaas is nadat die nasionale regering by verskeie provinsiale departemente ingegegryp het - was midde in ‘n openbare opstand in die provinsie wat daartoe gely het dat voormalige Premier Supra Mahumapela sy vroeë uittrede aangekondig het. 

Die jongste statistieke wat deur die nasionale Gesondheidsdepartement bekend gemaak is, dui daarop dat al nege provinsies onder verskeie stakings deur gesondheidswerkers geraak is as gevolg van ‘n kroniese tekort aan personeel, medisyne en ‘n agterstand in die instandhouding van mediese sentrums. 

Die Vrystaatse Gesondheidsdepartement het onlangs hoofopskrifte gehaal toe twee voorvalle - wat die veiligheid van gesondheidswerkers  in die kollig geplaas het – plaasgevind het. ‘n Saak van poging van verkragting en gewapende roof is onderskeidelik by die Pelonomi-hospitaal aangemeld. 

Gesondheidsdienste is egter net twee keer sedert Januarie verlede jaar in die Noord-Kaap onderbreek.

 

OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.