On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Gemeenskap se wortels lê diep in Loskuil-plaasskool

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:53 Tue, 11 Feb 2020

Gemeenskap se wortels lê diep in Loskuil-plaasskool | News Article

Die Loskuil-plaasskool by Bothaville in die Vrystaat maak die plaaslike gemeenskap meer bewus van die genade van Bo.


Dié staatskooltjie, wat op die plaas Loskuil geleë is, het 75 leerlinge wat van gr. R tot gr. 7 kan skoolgaan. Dié landbougemeenskap se wortels lê diep in dié distrik se spogskool. Frikkie Nel, 'n boer van die distrik en oudleerling, is een van vier boere wie se kinders vanjaar in gr.1 is en onderskeidelik lede van die vierde en derde geslagte aan dié skooltjie is. Nel se oupa was van die eerste leerlinge. Sy dogtertjie Jomari het haar gr.1-skooljaar aan sy ou almamater begin, terwyl sy vriend Christiaan Bouwer, wat ook in die gebied boer, se seun Fourie ook ‘n lid van die vierde geslag is wat sy skoolloopbaan hier begin het. Nel sê sy en Bouwer se grootoupas het destyds besluit om 'n skool te vestig op 'n deel van hul plase. Chris van Rensburg, nog 'n boer in dié distrik, se seun Eduard, en Martin Slabbert se seun Willem, is albei die derde generasies wat vanjaar gr.1-leerlinge aan die Loskuil-plaasskool is. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nel gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dit is 'n wonderwerk hoe die Here se genade die afgelope 93 jaar oor geslagte heen in dié gemeenskap ervaar word. Die Loskuil-plaasskool is dié gemeenskap se trots al is daar uitdagings veral met betrekking tot vervoer. Boere in dié gemeenskap se ondersteuning is wonderlik en dra by tot dié skooltjie se sukses en gehalte onderrig, terwyl kinders 'n geleentheid ontvang om in naskoolse aktiwiteite uit te blink. "As almal nie saamwerk nie dan is hier nie vir ons 'n skooltjie nie," sê hy.

Hy sê boere in dié distrik, wat meestal graan aanplant, is geseën met goeie reën en dit spoel oor na dié skooltjie. Dit is vir hulle lekker om terug te ploeg in die skool, en daar is niks lekkerder om in nat grond "ou skuld" te delg nie, want 90% van boere se probleme word deur reënwater opgelos.

Nel vertel van verskeie projekte by dié skooltjie wat onder meer 'n mielieprojek insluit. Nel sê dit was vir hom spesiaal toe sy sesjarige dogter Jomari vanjaar een van altesaam 11 gr.1-leerlinge was wat haar skoolloopbaan by dié skool begin het. Nel was vol nostalgie.

Dit was Frikkie Nel 'n boer van die Bothaville-distrik in die Vrystaat en 'n bestuurslid van die Loskuil-plaasskool slegs op Before Dawn.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.