On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Brahman-koei, wat rekordprys behaal, ‘n aanwins vir nuwe eienaar

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:29 Fri, 13 Sep 2019

Brahman-koei, wat rekordprys behaal, ‘n aanwins vir nuwe eienaar | News Article

Die eienaar van ‘n Brahman-stoetery in Limpopo is heel in sy skik met ‘n wit Brahman-koei en haar bulkalf waarvoor hy onlangs ‘n rekordprys op ‘n veiling betaal het.


Lourens du Plessis sê hy het R430 000 op die Brahman-telersgenootskap se nasionale veiling, wat tydens die BKB Afrika Lewendehawe-ekspo by Parys in die Vrystaat gehou is, opgedok omdat dié koei oor goeie genetiese eienskappe beskik. Lourens en sy vrou Irma is direkteure van die maatskappy, Louma-boerdery, wat in die Thabazimbi-distrik gesetel is.

Dié maatskappy bestuur die Nedibest-stoetery. Du Plessis sê dié besonderse koei se feno- en genotipes is vooraf deeglik nagegaan om vas te stel of sy by sy kudde inpas en haar eienskappe was van so aard dat sy groot belangstelling by hom ontlok het.

Hy sê dit is ‘n uitstekende koei en ‘n aanwins vir sy kudde. Du Plessis sê hy het besluit om sy kommersiële kudde te verkoop en met ‘n Brahman-stoetery te begin weens onder meer dié ras se aanpasbaarheidsvermoë, veral in die Bosveld. In terme van dié ras se hitte- en bosluisverdraagsaamheid, asook olierige vel, is die Brahman geskik vir die noordelike gebied van Suid-Afrika.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Du Plessis gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Lourens du Plessis van die Louma-boerdery wat die Nedibest-stoetery bestuur.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.