On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Arts

‘Bach, Beethoven en Boogie’ gaan jou betower in Sand du Plessis-teater

───   09:00 Thu, 26 Sep 2024

‘Bach, Beethoven en Boogie’ gaan jou betower in Sand du Plessis-teater | News Article
Richard Cock en Charl du Plessis. Foto verskaf

“Bach, Beethoven en Boogie sal musiek deur klassieke komponiste in sy oorspronklike vorm saamstel, asook ’n paar werke in nuwe opgewekte verwerkings in uiteenlopende style.”

Op Saterdag 19 Oktober span die Charl du Plessis Trio en Richard Cock kragte saam met die Vrystaatse Simfonieorkes om unieke en opwindende musiek vir klavier en orkes ten toon te stel. Du Plessis sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te praat oor die opwindende program samestelling. 

Richard Cock het 37 jaar gelede die FSSO gedirigeer in ’n uitvoering van Elijah deur Mendelssohn, en die 10-jarige seunsopraan op die verhoog was Charl du Plessis. Op Saterdag 19 Oktober span die Charl du Plessis Trio en Richard Cock kragte saam met die Vrystaatse Simfonieorkes om unieke en opwindende musiek vir klavier en orkes ten toon te stel. 

Bach, Beethoven en Boogie sal musiek deur klassieke komponiste in sy oorspronklike vorm saamstel, asook ’n paar werke in nuwe opgewekte verwerkings in uiteenlopende style, wat wissel van rock, boogie en blues. Gehore kan ook uitsien na grootgroep-jazz en strelende filmmusiekklanke – alles verwerk deur Du Plessis. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.

Charl du Plessis. Foto verskaf

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.