On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agri Hour

'2021 was oor die algemeen 'n goeie landboujaar' - VS Landbou

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 15 Dec 2021

'2021 was oor die algemeen 'n goeie landboujaar' - VS Landbou | News Article
Foto: @GrainSA (Twitter)

Die jaar is amper op 'n einde en terwyl inwoners gereed maak om op vakansie te gaan om tyd saam met hulle vriende en families te spandeer, versoek Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, boere om waaksaam te wees.

Sien onderstaande PODCAST

OFM-nuus het voorheen berig dat daar 'n moontlikheid van toenames in veediefstal sowel as plaasaanvalle en -moorde gedurende hierdie tyd van die jaar ontstaan.


LEES: Wees op jou hoede vir veediefstal gedurende feestyd 


Maar nietemin, Wilken bestempel 2021 as 'n goeie landboujaar - goeie reënval het voorgekom en gelei tot goeie oeste. Vee- en graanpryse was ook bevredigend.

Met die hoogtepunte was daar ook uitdagings. Van hierdie uitdagings, sê Wilken, sluit in dat daar in sommige gebiede te veel reën voorgekom het wat daartoe gelei het dat gewasboere skade gelei het. 

Verder is veediefstal en plaasaanvalle en - moorde ook nog uitdagings wat landbougemeenskappe voortdurend teister. Wilken sê die organisasie beplan om volgende jaar 'n aksieplan in te stel in 'n poging om hierdie misdade hok te slaan. 

"Dit het met die veiligheid redelik goed gegaan tot en met die laaste twee weke toe ons drie plaasaanvalle gehad het - twee moorde - wat baie negatief is, maar oor die algemeen dink ek het dit baie goed gegaan."


LEES: #FarmAttack: Boere versoek om op hulle hoede te wees hierdie feestyd 


Intussen ervaar die Vrystaat ook voortdurende padinfrastruktuur-probleme.

Boere regoor die Vrystaat het paaie in die provinsie begin herstel in 'n poging om vakansiegangers veilig te hou en insetprodukte na hul plase te vervoer vir die plantseisoen.

Vrystaat Landbou het voorheen in ’n verklaring gesê die herstel van paaie word gedoen in afwagting op die feestyd wat nader kom en die swaar somerreën wat voorspel word. 

Volgens dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van die organisasie, het boere geen ander keuse as om self in te spring en paaie te herstel nie aangesien die staat traag was om klein ontwikkelingskontrakteurs aangestel te kry om paaie te probeer herstel.

Die organisasie moedig padgebruikers aan om eise in te dien indien enige skade aan voertuie aangerig is weens swak paaie. Die eisvorm is op Vrystaat Landbou se webwerf beskikbaar.



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.