On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Beeste by Hennie Steyn-brug gered

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 19 Jan 2021

Beeste by Hennie Steyn-brug gered | News Article
Foto: Verskaf

‘n Trop beeste, wat gestrand was by die Hennie Steyn-brug in die Vrystaat as gevolg van hoë watervlakke, is Sondag gered.

Dit volg nadat voortdurende reënval in die provinsie daartoe gelei het dat riviere se watervlakke styg. 

OFM-nuus se Elsabé Richard het met Kaptein Kerneels Simes, bevelvoerder van die Bethulie Veediefstaleenheid, oor die reddingspoging gepraat…

Sien onderstaande PODCAST

Simes voeg by dat die eenheid watervlakke jaarliks monitor om te verseker dat maatreëls getref word om vee te red as die behoefte sou ontstaan.

Hy sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Bloemfontein se lugvleuel, die duikeenhede van Welkom én Bloemfontein, en die veediefstaleenheid van Bethulie was betrokke by die reddingspoging.

Die Hennie Steyn-brug, wat oor sowat 1,1 km strek en tussen Bethulie en Burgersdorp geleë is, ervaar jaarliks oorstromings wanneer die Oranje- en die Caledon-riviere baie sterk vloei. Simes sê hierdie brug is soms van pilaar tot pilaar vol water.

Hy verduidelik dat duikers met die helikopter by beeste afgelaai is waarna hulle dan die diere druk na vlakker water met meer grond. Die operasie het omstreeks 9uur Sondagoggend begin en was teen 6uur die aand voltooi.

Hy voeg by dat daar ses beeste was wat steeks was en nie wou beweeg nie omdat hulle nie sonder hulle kalwers wou loop nie.

Hy sê die die plaaslike gemeenskap slaag soms nie daarin om hul vee betyds te verskuif voordat die watervlak styg nie, wat daartoe sal lei dat hierdie scenario's vermy kan word.

Simes moedig vee-eienaars, wat naby riviere woon, aan om watervlakke dop te hou en om vroegtydig diere te verwyder om sodoende verliese te voorkom.

Intussen voeg Simes by dat hy dankbaar is vir almal wat gehelp het om hierdie diere te red.



OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.