On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Grainfield Chickens fokus op uitnemendheid

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 20 Jul 2020

Grainfield Chickens fokus op uitnemendheid | News Article
FOTO: Verskaf

Grainfield Chickens by Reitz in die Oos-Vrystaat (GFC) het die gesogte 20 Keys-internasionale eerbewys vir uitnemendheid ontvang.


Dié gevestigde pluimvee-abbatoir neem nou leiding ten opsigte van die verbetering van sy gehalte. René van der Westhuizen, 'n bedryfsingenieur by GFC, wat in 2010 onder leiding van die eeue-oue onderneming VKB gevorm is, sê dit is 'n stelsel vir aaneenlopende bedryfverbetering deur die betrokkenheid van almal in 'n organisasie.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Sy sê dié stelsel bestaan uit 20 elemente wat waarde in 'n organisasie ontsluit. Daar word gefokus op die aaneenlopende verbetering van gehalte in die maatskappy.  Dit sluit kostedoeltreffendheid, dienslewering, veiligheid, moraal en motivering in.

Dié groep elemente fokus op vyf doelwitte en word ingestel volgens die prioriteite van 'n maatskappy.  Die bereiking van die meting en verbetering van dié doelwitte is egter die hooffokus.  Daar word gefokus op die skep van 'n kultuur waar mense dink oor wat hulle doen en daarop  verbeter.  Merkstate word gebruik om gereelde vordering te meet teenoor die werklas en beste praktyke.  Van der Westhuizen sê daarmee saam moes GFC  aan vereistes voldoen om dié spesifieke internasionale eerbewys te ontvang.  Sy sê dit sluit onder meer in 'n  50% verbetering in produktiwiteit, 'n  20% toerustingbeskikbaarheidsbewys en kosteverbetering van 20% moet ook bewys word. 'n 25% verminidering in werk in proses moet ook bewys wys word asook die verbetering  van moraal, veiligheid en motivering. 

Maatskappye kan registreer vir die stelsel by die Organisation Development International (ODI) en die Japanse maatskappy,  PDI, wat dan leiding bied ten opsigte van die betrokke sleutels wat in 'n maatskappy in plek gestel word. 

Sy sê dié eerbewys is 'n eerste vir GFC en al die nywerhede van VKB implementeer dit, maar GFC is die eerste nywerheid wat aan al die vereistes voldoen om die eerbewys te kan ontvang. Van der Westhuizen sê dit is vir hulle as 'n span 'n groot mylpaal en in 'n kompeterende bedryf is dit waardevol om die enigste "hoender-abbattoir" in die land te wees wat die eerbewys ontvang het.  Dit is vir GFC 'n voorreg om as 'n span saam te werk om nuwe hoogtes te bereik en trots te wees op wie GFC as 'n maatskappy is. 

Volgens haar vorm mielies en sojaboon, wat hoofsaaklik in die Oos-Vrystaat geproduseer word,  deel van die kossamestelling vir braaikuikens en dit het destyds sin gemaak om die waardeketting 'n hupstoot te gee met die oprigting van 'n veevoeraanleg. Vandaar het GFC van krag-tot-krag gegaan en sowat  900 000 hoenders word per week geslag en GFC lewer slegs aan die plaaslike mark wat restuarante, kettingswinkels en kitskosrestaurante insluit. Hulle verpak ook self hul produkte. 


OFM-nuus



Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.