Agri Hour
Malema dalk minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling?─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:00 Tue, 28 May 2019
Buti Manamela, vorige adjunkminister vir die presidensie, is dalk 'n kandidaat wat as Suid-Afrika se nuwe minister van landbou aangestel kan word. Daar is ook 'n ontleder wat van mening is dat die EFF-leier selfs 'n kandidaat mag wees.
Dit in die lig van pres. Cyril Ramaphosa wat na verwagting later vandeesweek sy kabinet gaan aanwys. ‘n Politieke ontleder verbonde aan die departement politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US), Amanda Gouws, meen ‘n jonger persoon kan moontlik vir Senzeni Zokwana, wat tans dié amp beklee, vervang. Sy is ook persoonlik van mening dat Ramaphosa, as hy "sneaky" wil wees dalk die EFF-leier, Julius Malema, kan aanstel.
Gouws meen met grondhervorming wat ‘n brandpunt is, kan landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling as een portefeulje saamsmelt want grondherverdeling en die landboubedryf asook landelike gebiede hou verband met mekaar. Malema, sou hy verkies word as minister van die nuwe departement, sal dan in beheer wees van beleidsimplementering.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Gouws gepraat…
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Om na ander insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus