Agri Hour
Piet Croucamp bly by sy standpunt oor gesteelde grond─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:58 Mon, 11 Mar 2019
Dr. Piet Croucamp, ‘n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU), bly by sy standpunt dat wit Suid-Afrikaners swart mense se geldige argument, dat grond van hulle gesteel is, aanvaar.
Daarmee saam beteken dit nie dat wit boere grond by swart mense gesteel het nie.
Croucamp sê hy weet boere het die grond waarop hulle boer, gekoop en hard gewerk om te kom waar hulle vandag is. Dit is egter belangrik dat wit Suid-Afrikaners dit nou aanvaar dat hulle grond van swart mense ontneem het sodat die morele vraagstuk oor die historiese gebeure in die land opgelos kan word.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Croucamp gepraat…
Dit was dr. Piet Croucamp, ‘n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU), slegs op OFM.