Africa News
Emerson Mnangagwa is Zimbabwe se nuwe president─── 14:14 Fri, 24 Nov 2017
Emmerson Mnangagwa is vanoggend in die nasionale sportstadion in Harare as die derde Zimbabwiese president ingehuldig.
Mnangagwa se inhuldiging volg drie dae na die bedanking van Robert Mugabe, wat 37 jaar lank aan die stuur van die land gestaan het. Sy afdanking as adjunk-president was die katalis wat gelei het to militêre optrede teen Mugabe, en wat uiteindelik tot sy bedanking gelei het.
Die stadion is tans gevul met duisende ondersteuners, buitelandse diplomate. Maar intussen het die behandeling van politieke leiers wat deur die weermag aangehou en na bewering mishandel is.
Reuters berig die voormalige minister van finansies, Ignatius Chombo, is vanoggend aan die polisie oorhandig. Hy is volgens berigte aangerand, geslaan en was die hele tyd geblinddoek terwyl hy aangehou is.
- OFM-Nuus