Local News
Welkom: Polisie waarsku teen brandstofdief─── CHRISTAL-LIZE MULLER 09:53 Tue, 19 May 2015
Welkom - Die polisie in Welkom in die Vrystaat waarsku vulstasies in die distrik om op die uitkyk te wees vir ‘n man met ‘n silwer BMW wat brandstof ingooi sonder om daarvoor te betaal.
Polisiewoordvoerder, Molebogeng Lechesa, sê die man het in Februarie en Maart by twee afsonderlike vulstasies sy brandstoftenk vol petrol laat tap en weggejaag sonder om daarvoor te betaal.
Volgens Lechesa maak die man van ‘n vervalste nommerplaat gebruik. ‘n Klag van diefstal word ondersoek.
Die man is tussen die ouderdom van 25 en 35 jaar, het kort grys hare, is oorgewig en is sowat 1,7 meter lank. Hy het Engels gepraat.
Die polisie vra mense met inligting om die Welkom-polisiekantoor te bel.
Christal-Lize Muller/OFM Nuus