Local News
'Ontwikkelings by Oorlogsmuseum om nasiebou te bevorder'─── 16:16 Fri, 07 Feb 2014
!['Ontwikkelings by Oorlogsmuseum om nasiebou te bevorder' 'Ontwikkelings by Oorlogsmuseum om nasiebou te bevorder' | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/a1__20142716168117u77.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Christopher Motabogi
Bloemfontein - Die Vrystaatse regering sê hy hoop van harte dat vandag se sooispitseremonie by die Bloemfonteinse Oorlogsmuseum sal bydra tot nasiebou en eenheid onder alle rasse.
‘n Seremonie is vandag by die museum gehou om die bydrae en rol van swart mense tydens die Anglo-Boereoorlog te erken. 'n Tuin van herinnering sal binnekort ontwikkel word en 'n saal wat na ANC-stigter, Sol Plaatje vernoem sal word, sal gebou word.
Waarnemende premier Msebenzi Zwane het gesê mense se harte moet verander en burgers moet leer om verantwoordelik op te tree. Sowat 28 000 boervroue en -kinders en omtrent net soveel swart mense het in konsentrasiekampe gesterf.
![](http://oscar.ofm.co.za/img/ce-uploads/news/20140207160928796.jpg)
Boere poseer vir 'n foto tydens die oorlog
![](http://oscar.ofm.co.za/img/ce-uploads/news/20140207161019998.jpg)
Die Britte het swart mense as werkers in diens geneem
![](http://oscar.ofm.co.za/img/ce-uploads/news/20140207161132833.jpg)
Vroue en kinders (onder 16) was die meeste slagoffers van die oorlog
Pictures: Argiewe