Local News
Bainsvlei skrik op lyf gejaag oor gerugte van vliegongeluk─── LANI FOUCHÉ 16:47 Fri, 11 Oct 2013
Lani Fouché
Bloemfontein - Inwoners van die Bainsvlei-gebied buite Bloemfontein is vandag die skrik op die lyf gejaag toe nuus versprei het dat 'n vliegtuig geval en aan die brand geslaan het op die Abrahamskraal-pad.
Owerhede op die toneel kon egter bevestig dat dit 'n vals alarm was, en dat daar slegs 'n grasbrand woed. ER24-nooddienste, polisielede, brandweerlede en verteenwoordigers van die Lughawensmaatskappy ACSA was vanmiddag tussen die vlamme op soek na helikopter- of vliegtuigwrakstukke, maar het op niks afgekom nie.
Die Mangaung-brandweerdienste se Braam van Zyl sê valse inligting bemoeilik hul werk.
Hy het die omliggende boere en inwoners geloof vir hul spoedige bystand om die vlamme te blus.
Braam van Zyl: