Human Interest
Tiener-drankmisbruik aangespreek─── 17:24 Wed, 12 Jun 2013
Morgan Ballantyne
Bloemfontein - You Decide, 'n program om drankmisbruik onder minderjariges te voorkom is besig om vrugte af te werp.
Volgens die stigters van die beweging is meer as 400 000 leerders in 600 skole reeds met bewusmakingsaksies bereik.
Aurora Alkohol- en Dwelmsentrum in Bloemfontein se Gert Kruger sê aangesien die probleem van drankmisbruik onder tieners aan die toeneem is, word die program, ook in Sentraal-Suid-Afrika, met oop arms verwelkom.
You Decide is gestig in samewerking met die Departement van Handel en Nywerheid, die Nasionale Jeug-ontwikkelingsagentskap en SA Brouerye.

Gert Kruger: