Human Interest
Bekende Afrikaanse sanger- liedjieskrywer sterf─── 09:23 Mon, 10 Sep 2012
Johannesburg - Die bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Louis van Rensburg het gesterf nadat hy verlede maand met longontsteking in die hospitaal opgeneem is. Maroela Media berig dat die 68-jarige Van Rensburg verlede maand in 'n hospitaal in Johannesburg opgeneem is. Sy toestand het egter twee weke gelede verswak en hy is toe na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas. Van Rensburg het bekendheid verwerf met sy musiek vir die TV-reeks Ballade vir ’n enkeling. Hy het die liedjie "Voshaarnooi" uit dié reeks as een van sy beste komposisies beskou. Van Rensburg het ook die klankbane vir verskeie ander TV-reekse geskryf, waaronder Bart Nel, Bosveldwinkel, Wielie Walie, Geknelde land, Meester en Arende.
Maroela Media
Maroela Media