Local News
Corrie Sanders se vermeende moordenaars terug in hof─── 06:56 Fri, 15 Mar 2013
Brits - Die drie mans wat verdink word van die moord op die voormalige swaargewig boks-kampioen, Corrie Sanders, sal vandag weer in die Brits Landdroshof in Noordwes verskyn.
27-jarige Samuel Mabena, 25-jarige Chris Moyo en 19-jarige Paida Fish staar aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede in die gesig.
Die drie Zimbabwiese burgers is in September verlede jaar in Oukasie naby Brits aangekeer nadat die polisie 'n wenk ontvang het.
Sanders is op 22 September by The Thatch Haven Country Lodge buite die dorp by sy broerskind se 21ste verjaarsdagpartytjie gedurende 'n gewapende rooftog doodgeskiet.
Hy is die volgende dag in die Kalafong-hospitaal in Pretoria oorlede.
Sapa