On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

World News

Dié virus maak mense ‘dommer’

───   11:37 Mon, 10 Nov 2014

Dié virus maak mense ‘dommer’ | News Article

New York - ‘n Virus wat infeksie in die menslike brein veroorsaak, maak ons dommer, sê wetenskaplikes in Amerika.

Volgens ‘n berig van The Independent raak die alge-virus, wat nooit voorheen in gesonde mense gesien is nie, glo die kognitiewe funksies van die brein wat visuele verwerking en ruimtelike orientasie insluit.
 
Wetenskaplikes by die Johns Hopkins mediese skool en die Universiteit van Nebraska het dié virus ontdek terwyl hulle ‘n studie gedoen het oor mikrobes in die keel.
 
Tot hul verbasing het die navorsers DNS in gesonde persone se kele gekry wat ooreenstem met die virus wat tot infeksie in groen alge lei.
 
Dr. Robert Yolken, die viroloog wat die studie gelei het, het gesê hierdie is ‘n goeie voorbeeld wat wys dat die onskadelike mikroorganismes wat in ons is ons gedrag en waarneming kan beïnvloed.
 
Van die 90 mense wat aan die studie deelgeneem het, het 40 positief vir die virus getoets. Diegene wat positief getoets het, het slegter gevaar in toetse wat die spoed en akkuraatheid van visuele verwerking toets. Hulle het ook laer punte behaal in toetse wat aandag meet.
 
Die menslike liggaam bevat triljoene bakterie, virusse en swamme. Hierdie navorsing wys egter watter impak mikrobes op kognitiewe funksies van die mens kan hê, selfs al word ‘n gesonde leefstyl gevolg.
 
Die bevindings van die studie is in die Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.