The Good Morning Breakfast
Angelique Gerber en Tasché boks vir bewusmaking─── 13:53 Tue, 19 Jul 2022

Tasché en Angelique sal dit tot die einde uitveg om die eerste vroulike BOXOP-reekskampioen te word. ‘n Groot motivering vir albei dames is die bewusmaking van geslagsgebaseerde geweld (GBV) tydens hierdie geleentheid op Saterdag, 30 Julie 2022.
In #BoxOp3 gaan Tasché en Angelique Gerber die volgende twee bekendes wees wat mekaar in die bokskryt gaan pak.
Tasche en Angelique gaan dit tot die einde uitveg om die eerste vroulike BOXOP-kampioen te word.
‘n Groot motivering vir albei dames is die bewusmaking van geslagsgebaseerde geweld tydens hierdie geleentheid op Saterdag die 30ste Julie 2022.
Lees ook:More music Fridays: Ryk Kleinhans entertains on the Good Morning Breakfast
Die geleentheid sal vermaak van 'n aantal bekende kunstenaars insluit, waaronder Francois van Coke, Karlien van Jaarsveld, Early B, Kurt Darren, Posduif, Rubber Duc, Janiebaai, Sunset Sweatshop, Brendan Peyper, Jan Bloukaas, Refentse en Synth Peter.
Kaartjies is te koop by itickets.co.za
Luister na die volledige onderhoud hier: