The Good Morning Breakfast
Klein Karlien van Jaarsveld volg in haar naamgenoot se voetspore─── 14:59 Tue, 12 Jul 2022
Die jong dame met die naam Karlien van Jaarsveld het aan die Good Morning breakfast vertel hoe sy onlangs deel van Sing in Harmonie se nasionale koor geword het.
Karlien van Jaarsveld is onlangs gekies om deel van "Sing in Harmonie" se nasionale koor te wees.
Karlien is deel van 85 mense wat gekies is uit meer as 1200 oudisies regoor Suid-Afrika en sy het by die Good Morning Breakfast span 'n draai gemaak om meer daaroor te deel.
Lees ook: Siyabonga Gans: "My dream came true"
Karlien se ma, Anel van Jaarsveld verduidelik dat sy en haar man nie op 'n naam kon besluit vir hul dogter nie en dat hulle uiteindelik die idee by Anel se pa gekry het nadat hy 'n liedjie van die bekende Karlien van Jaarsveld op die radio gehoor het.
Luister na die volledige onderhoud hier: