On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

Vrou in Paarl toegang tot Binnelandse Sake geweier oor dienshond

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:37 Fri, 12 Apr 2024

Vrou in Paarl toegang tot Binnelandse Sake geweier oor dienshond  | News Article
Die dienshond Cooper. Foto verskaf

“Die voorval het daartoe gelei dat Palm ’n paniekaanval gekry het.”

’n Inwoner van die Paarl is glo geteister en toegang by die Departement van Binnelandse Sake se kantoor geweier omdat haar geregistreerde dienshond, Cooper, by haar was.

Yvette Palm, ’n forensiese handskrifontleder wat ernstige posttraumatiese stressteuring (PTSS) het, sê sy maak staat op Cooper om haar na openbare plekke te vergesel.

Maandag (10/4) is Palm glo by die ingang deur twee veiligheidswagte geteister. Palm sê sy was net daar om haar seun, wat in die gebou was, se motorsleutel te kry. Sy het aangedring om die bestuurder te spreek, maar hy wou haar nie ‘n spreekbeurt gee nie.

Cooper is ’n geregistreerde dienshond. Foto verskaf

’n Kind wat by Binnelandse Sake was, het ook vir Cooper geskop en geslaan. Palm is toe beveel om buite te wag, “sodat die hond nie die kind byt nie”.

Die voorval het daartoe gelei dat Palm 'n paniekaanval gekry het, wat die ernstige uitwerking van sulke voorvalle op haar geestesgesondheid beklemtoon. Palm gaan dit egter nie net daar laat nie. Sy het ‘n klag by die Disabilty Info of South Africa ingedien wat gevalle ondersoek van dienshonde wat toegang geweier word.

OFM Nuus/Charné van der Merwe dg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.