On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

Sokkerster Luke Fleurs se begrafnis uitgesaai

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:50 Sat, 20 Apr 2024

Sokkerster Luke Fleurs se begrafnis uitgesaai | News Article
Luke Fleurs. Foto: X

“Die sokkerspeler Luke Fleurs word vandag ter ruste gelê nadat sy lewe tragies kortgeknip is op 3 April by ’n vulstasie in Honeydew, Roodepoort.”

Die Kaizer Chiefs-verdediger Luke Fleurs word Saterdag (20/4) uit die Nuwe Apostoliese Kerk in Kaapstad begrawe.

Fleurs se lewe is kortgeknip toe hy op 3 April by ’n vulstasie in Honeydew, Roodepoort, doodgeskiet is terwyl hy vir ’n petroljoggie gewag het, sê Brenda Muridili, polisiewoordvoerder.

Fleurs, wat op op 3 Maart 2000 in Mitchells Plain op die Kaapse Skiereiland gebore is, het in Oktober die swart-en-goue trui van Kaizer Chiefs oor sy kop getrek – ’n belangrike mylpaal in sy loopbaan.

Daar is ‘n uitsending van Luke Fleurs se begrafnis.

Voordat hy by Kaizer Chiefs aangesluit het, het Fleurs by verskeie ander klubs gespeel, onder meer Ubuntu Kaapstad (2017/18-seisoen) en SuperSport United (2018/19-seisoen).

Die ses beskuldigdes is op 10 April in Slovoville in hegtenis geneem en het op 12 April vir die eerste keer in die hof verskyn, waarna die saak vir ’n formele borgaansoek uitgestel is.

Ndumiso Moswane, Fernando Sive, Nhlakanipho Dlamini, Frank Xaba, Maredi Mphahlele en Thembinkosi Hlomikhawu staan tereg op aanklagte van moord, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook roof en regsverydeling.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.