On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

South Africa

Bly veilig hierdie Paasnaweek

───   14:51 Thu, 28 Mar 2024

Bly veilig hierdie Paasnaweek | News Article
Clarens in die Vrystaat is 'n gewilde toerismebestemming. Foto: necessaryindulgences.com

“Wees veilig, wees altyd waaksaam en aanvaar verantwoordelikheid vir besluite oor jou veiligheid.”

Terwyl Suid-Afrikaners gereed maak vir die Paasvakansie, vra die Departement van Toerisme mense moet veilig wees en rustig bly.

Hierdie tydperk word beskou as ’n ideale tyd vir mense om ’n blaaskans te neem en die uiteenlopende besienswaardighede landwyd te verken.

Tasneem Carrim, hoofdirekteur van kommunikasie, sê toeriste word daaraan herinner om hul veiligheid te verseker deur padreëls na te kom en waaksaam te bly, wat bydra tot die land se beeld as ’n veilige bestemming vir binnelandse sowel as buitelandse besoekers.

‘Aanvaar verantwoordelikheid vir besluite oor jou veiligheid’

“Wees veilig, wees altyd waaksaam en aanvaar verantwoordelikheid vir besluite oor jou veiligheid,” beveel Carrim aan, en beklemtoon die belangrikheid daarvan om vertroud te wees met jou omgewing en raad te kry oor veilige gebiede om te verken.

Sy waarsku teen solostaptogte, en beveel aan om eerder by ’n groep aan te sluit of saam met vriende te reis. Voldoen aan veiligheidsriglyne wat deur die owerheid en verblyfplekke verskaf word.

Moenie alleen op staptogte gaan nie. Foto: Pixabay

“Wees versigtig met jou persoonlike besittings en reisdokumente wanneer jy in stede en ander gewilde bestemmings reis.”

Bêre belangrike dokumente op ’n veilige plek en hou altyd waardevolle items in sig. “Wees waaksaam op die pad en moenie snags in swak beligte gebiede ry nie. Reisigers moet eienaars van hul verblyfplekke inlig oor hul roetes en geskatte aankomstye.

Moenie in verlate gebiede stop vir telefoonoproepe of enige ander rede nie. Wees ten alle tye waaksaam. 

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.