South Africa
Wêreldwaterdag: ‘Ons moet ’n krygskamer-situasie hê’─── 14:57 Fri, 22 Mar 2024
“Ek dink as jy so daarna kyk, hét ons ’n krisis in Suid-Afrika.”
Vandag is Wêreldwaterdag, ’n dag wat die Verenigde Nasies in 1992 begin herdenk het om die volhoubare bestuur van varswaterbronne te bepleit.
Die SAUK berig Wêreldwaterdag dien ook as ’n aangrypende herinnering aan Suid-Afrika se eie geskiedenis met waterskaarste.
Dr. Ferrial Adam, uitvoerende hoof van WaterCAN, bevestig dat die land inderdaad ’n waterkrisis beleef.
Water has a ripple effect across many global challenges – from climate change to political
— UN-Water (@UN_Water) March 22, 2024
unrest.
This #WorldWaterDay, let's cooperate on water as a catalyst for progress.
Water and peace go hand in hand. https://t.co/3GS4YrziON pic.twitter.com/SaYnh0MXAY
“Ek wil sê ons het ’n krisis. Die regering sê ons het nié ’n krisis nie, want hulle definieer die krisis in geografiese terme waar niemand vir ’n lang tydperk water het nie. Ek dink ons moet kyk na water met hoeveelheid, gehalte en toegang in gedagte en dan daarvolgens ’n krisis definieer. Ek dink as jy so daarna kyk, hét ons ’n krisis in Suid-Afrika.”
Dr. Ferrial Adam, uitvoerende hoof van WaterCAN. Foto: https://watercan.org.za/
Die afgelope twee weke het baie Johannesburgers sonder water gesit. Terwyl amptenare vir antwoorde geskarrel het, het die Tshwane-metro ook die risiko van hierdie waterbesnoeiings geloop.
STATEMENT: Rand Water notifies City of Tshwane of potential water supply crisis, residents urged to use water sparingly. @CityTshwane pic.twitter.com/GyxagtlZGi
— Mayor Cilliers Brink (@tshwane_mayor) March 16, 2024
Rand Water het die afgelope naweek ’n noodvergadering met die Tshwane-metro en twee ander metro's gehad en hulle gewaarsku dat sy waterberging tot onder 30% gedaal het.
Adam sê die regering kan ook daarvan vergeet om hul doelwit van veilige watertoegang vir almal teen 2030 te bereik.
“Ons gaan beslis nie teen 2030 toegang vir almal in Suid-Afrika hê nie en ons gaan ook nie teen 2030 skoon volhoubare drinkwater vir almal hê nie. So, ek dink die regering moet besef hulle moet dit as ’n dringende kwessie aanpak. Ons moet ’n krygskamer-situasie hê. Die regering moet ook beter kommunikeer,” sê hy.
OFM Nuus cg/dg