On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Press Office

OFM celebrates moms with special broadcast

───   11:53 Thu, 09 May 2024

OFM celebrates moms with special broadcast | News Article

“In honour of Mother’s Day, OFM is gearing up to pay tribute to the remarkable mothers who fill our lives with love, laughter, and endless support.”

On Friday, 10 May 2024, OFM invites listeners to join in a special celebration dedicated to moms everywhere.

Here is what listeners can look forward to:

In Music for Mom, OFM will take requests for songs dedicated to listeners‘ beloved mothers between 06:00 and 18:00. From timeless classics to contemporary hits, every song will serve as an acknowledgement of the special bond between mothers and their children.

Adding an extra layer of excitement, OFM presenters will be joined live in the studio by their own moms. Get ready for a mix of laughter and heartfelt moments as the moms share embarrassing childhood tales and anecdotes. It is a rare chance to peek behind the curtain and see the personal side of your favourite presenters.

Finally, as a token of appreciation, OFM will give listeners the chance to win a special treat! Each show throughout the day will be giving away R1 000 Spur gift vouchers to four lucky moms in Central South Africa.

According to OFM’s programming manager, Tim Thabethe, many of us have wondered about the moms behind the voices that we listen to daily. “What better way to praise our moms for who and what we are today. This is OFM‘s ode to mothers across Central South Africa and a reflection of what they represent to us all. This is OFM’s gift ahead of Mother’s Day – filled with special moments, music and prizes.”    

For more info, contact marketing@ofm.co.za.


OFM vier ma’s met spesiale program


Ter ere van Moedersdag maak OFM gereed om hulde te bring aan die merkwaardige moeders wat ons lewens vul met liefde, vreugde en eindelose ondersteuning.

Op Vrydag 10 Mei 2024 nooi OFM luisteraars uit om deel te neem aan ’n spesiale viering wat aan moeders oral opgedra word.

Hier is waarna luisteraars kan uitsien:

In Musiek vir Ma sal OFM tussen 06:00 en 18:00 versoeke vir liedjies uitsaai wat opgedra word aan luisteraars se geliefde ma‘s. Van tydlose, klassieke tot kontemporêre treffers, elke liedjie sal dien as ’n erkenning van die spesiale band tussen ’n ma en haar kinders.

Om tot die opwinding by te dra, sal OFM-omroepers se ma‘s by hulle in die ateljee aansluit. Maak gereed vir ’n paar aangrypende oomblikke terwyl die mammas kinderdaeverleenthede en grootwordstaaltjies deel. Dit is ’n seldsame kans om agter die skerms te loer en die persoonlike kant van jou geliefkoosde omroeper te beleef.

Ten slotte, as blyk van waardering, sal OFM luisteraars die kans gee om ’n spesiale bederf te wen! Elke program deur die dag sal ’n R1 000-Spur-geskenkbewys aan vier gelukkige mammas in Sentraal-Suid-Afrika weggee.

Volgens OFM se programbestuurder, Tim Thabethe, wonder baie mense oor die ma’s agter die stemme waarna ons daagliks luister. “Hoe nou beter om ons ma‘s te prys vir wie en wat ons vandag is. Dit is OFM se huldeblyk aan moeders dwarsoor Sentraal-Suid-Afrika en ’n weerspieëling van wat hulle vir ons almal verteenwoordig. Dit is OFM se geskenk voor Moedersdag – gevul met spesiale oomblikke, musiek en pryse.”

Vir meer inligting, kontak marketing@ofm.co.za.


Why OFM

OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news, and entertainment. The station celebrates 38 years in the broadcasting industry this year. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein.

The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.

The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.

OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme.

Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor, and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams as well as the Knights, Heat and Dragons cricket teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives.


Waarom OFM

OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste handelsradiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie vier vanjaar reeds 38 jaar in die uitsaaiwese. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein.

Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies aktiewe mark met ’n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika, en sluit ’n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.

Die stasie het ’n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM se luisteraars spandeer van die meeste tyd wat luisteraars in Suid-Afrika spandeer om radio te luister. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge – luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.

OFM bied verskeie nisprogramme aan – insluitend ’n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, asook as ’n toegewyde sakeprogram.

Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaners bymekaar bring. Die stasie is ’n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne, asook die Knights, Heat en Dragons krieketspanne. OFM is daartoe verbind om die waarlike goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei.

mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.