OFM Nights
Christo Davids vertel meer oor 'Spoorloos: Steynhof'─── 18:10 Wed, 07 Jul 2021
Christo maak 'n draai op OFM Nights om meer oor Spoorloos se nuwe seisoen, wat vanaf 6 Julie op kykNET uitgesaai word, te gesels. Luister na sy gesprek met Renaldo Schwarp hieronder.
Christo Davids het geen bekendstelling nodig nie. Hy het vir die eerste keer in 1995 sy buiging in die gewilde reeks Onder Engele gemaak. Daarna het hy in kykers se harte ingekruip as Errol Pieterse in die sepie 7de laan.
LEES OOK: Desiré Gardner hou haarself deesdae óók skrywer
Dit is meer 25 jaar ná sy eerste verskyning op plaaslike televisie en sedertdien het hy homself as TV-akteur, verhoogkunstenaar, regisseur en skrywer gevestig. Sy jongte projek is die kykNET-drama, Spoorloos: Steynhof.
Christo was die hoofskrywer en regisseur van Spoorloos se derde reeks te wees.
Die rolverdeling sluit Diaan Lawrenson, Eloise Clasen, Brent Vermeulen, Stiaan Smith, Arno Marais, en Vinette Ebrahim.
(Fotokrediet: Tim Moolman).
OFM Nights se Renaldo Schwarp het met Christo oor Spoorloos se nuwe seisoen, wat vanaf 6 Julie op kykNET uitgesaai word, gesels. Luister na die potgooi hieronder.
Christo Davids vertel meer oor 'Spoorloos: Steynhof':