On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Olebogeng
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

OFM Nights

BoekHoek: 'Soe rond ommie bos' deur Veronique Jephtas

───   13:36 Mon, 31 May 2021

BoekHoek: 'Soe rond ommie bos' deur Veronique Jephtas | News Article

In hierdie week se aflewering van die BoekHoek, gesels Renaldo Schwarp met digter en teatermaker Veronique Jephtas oor haar debuutbundel 'Soe rond ommie bos'.

Veronique Jephtas verteenwoordig die kraakvars stem van ’n nuwe generasie Afrikaanssprekendes – die 'Born Frees', gebore ná 1994, wat grootgeword het in ’n land met meer geleenthede vir almal, maar waar die wonde van die verlede halsstarrig bly sweer.

LEES OOK: Fanie Viljoen se 'Die dag toe die draak kom'

Jephtas is 'n teatermaker van Kaapstad,  wie in 2019 haar honneursgraad in drama en teaterstudies by die Universiteit Stellenbosch in kreatiewe skryfkunde voltooi het.

Haar debuutbundel, 'Soe rond ommie bos' is onlangs bekendgestel en hierin verwoord Jephtas ’n vars stem in gesprekke rondom 'femicide', geslagsgebaseerde geweld en rassisme in Suid-Afrika. 

LEES OOK: Ivor Price & Kobus Louwrens se 'Hartstories van ons land se boere'

Luister hieronder na Renaldo Schwarp, van OFM Nights, se gesprek met Jephtas oor die bundel en meer.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.