On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

OFM Nights

BoekHoek: Ivor Price & Kobus Louwrens se 'Hartstories van ons land se boere'

───   18:03 Mon, 24 May 2021

BoekHoek: Ivor Price & Kobus Louwrens se 'Hartstories van ons land se boere' | News Article

'Hartstories van ons land se boere' is 'n inspirerende ode aan ons landbouers. In die Boekhoek gesels OFM Nights se Renaldo Schwarp met skrywers, Ivor Price & Kobus Louwrens.

Ivor Price is 'n gesoute radio-omroeper en is tans aanbieder van VIA se 'Vir die liefde van die land'. Kobus Louwrens is ’n bekroonde omgewingsverslaggewer, tydskrif- en koerantuitgewer en tans direkteur vir digitale strategie by ’n bemarkingsagentskap.

Saam het die duo die boek, 'Hartstories van ons land se boere' gepen en gee aan lesers 'n intieme blik in die daaglikse plaaslewe en uiteenlopende boere se belewenisse en stories. Of dit nou reuse agribesighede is, of klein maar geliefde plasies wat met passie bewerk word, elke boerdery is uniek en elke boer het 'n storie.

In die Boekhoek gesels OFM Nights se Renaldo Schwarp met skrywers, Ivor en Kobus oor die boek, hul platform - Food for Mzansi asook die inspirerende boere van Sentraal Suid-Afrikaans. Luister na die potgooi hieronder


Podcasts

Ivor Price & Kobus Louwrens se 'Hartstories van ons land se boere':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.