On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Surplus steeds verwag ondanks produksietoestande

───   11:17 Thu, 11 Apr 2024

Surplus steeds verwag ondanks produksietoestande  | News Article
Foto: Getty Images

Hoewel dit onwaarskynlik is dat onlangse reën oor Sentraal-Suid-Afrika weiding kan aanhelp, omdat droogteskade aan gewasse reeds te groot was, behoort die land steeds genoeg witmielies te produseer.

“Boere is altyd dankbaar vir reën, maar die impak daarvan is nie altyd gunstig nie.” Dis volgens Agri SA adjunkpresident wat vertel die onlangse reën sal nie veel verbetering op gewasse kan hê nie.

Hy sê die onlangse reën sal nie veel effek op droogtegeteisterde gebiede hê nie, maar kan by sekere gebiede wel sorg vir beter weiding.

“Die reën doen baie om grondvog te herstel vir die toekoms, maar aan die huidige oes bring die reën nie veel verbetering nie. Ons moet ook in gedagte hou dat die dagtemperature aansienlik laer is as in die somer groeiseisoen wat groei van gewasse beperk.”

Jansen voeg by dat Graan Suid-Afrika se opnames en berekeninge steeds daarop dui dat Suid-Afrika witmieliesurplus van sowat 1,1 miljoen ton behoort te hê om te kan uitvoer na die aangrensende buurlande, wat groot tekorte vanweë die droogte ervaar.

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.