On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Noordwes ervaar ongekende hoë brandgevaartoestande

───   ELSABÉ RICHARD 10:34 Tue, 21 Nov 2023

Noordwes ervaar ongekende hoë brandgevaartoestande | News Article
Foto deur Rizknas/Pexels.

"Bly waaksaam, bly veilig en laat ons saamwerk om ons gemeenskap en omgewing te beskerm."

Die Noordwes-sambreelbrandbeskermingsvereniging het 'n waarskuwing uitgereik oor die voortslepende brandseisoen wat gekenmerk word deur 'n kommerwekkende aantal rooi en oranje brandgevaarindeks dae. 

Eric Stoch, voorsitter van NWUFPA, sê soos die komende El Niño-verskynsel, wat uiterste droogtetoestande tot gevolg het, begin versterk, sal die streek vroeë reënval sien afgewissel met buitengewone warm, winderige en droë dae. Dit kan lei tot 'n ongekende aantal middel- en laatsomerbrande.

Aantal brande wat in die verskeie distriksmunisipaliteite plaasgevind het teen 29 Oktober 2023.

’n Waarskuwing is uitgereik vir hittegolftoestande van 20 tot 26 November 

Stoch sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens se waarskuwing beklemtoon die behoefte aan verhoogde waaksaamheid tydens hierdie uiterste weerstoestande. Hy sê weerlig tydens donderstorms hou ook 'n aansienlike risiko in, verhoogde paraatheid word versoek van boere en diepubliek.

In die lig van hierdie uitdagings, doen NWUFPA 'n beroep op gemeenskappe om onmiddellik op te tree:

  • Maak seker dat alle brandbestrydingstoerusting gediens, aangevul en in werking is vir vinnige ontplooiing.
  • 'n Algemene brandverbod is van krag in Noordwes tydens die hittegolf. Weerhou asseblief van enige aktiwiteite wat 'n brandrisiko kan inhou. 
  • Om vure in die oopte te maak of in stand te hou is 'n misdadige oortreding gedurende hierdie tydperk en jy kan dalk 'n boete, tronkstraf of albei opgelê word as jy skuldig bevind word.
  • Word 'n aktiewe lid van jou plaaslike brandbeskermingsvereniging (BBV).

Gemeenskapveiligheidsmaatreëls:

  • Maak plantegroei om huise en eiendomme skoon.
  • Rapporteer enige verdagte aktiwiteite wat tot brandvoorvalle kan lei.
  • Moenie blokbrande maak sonder die skriftelike toestemming van jou brandbeskermingsbeampte van BBV nie.
  • Moenie stortingsterreine aan brand steek nie.
  • Moenie met sweismasjiene of slypmasjiene in die oopte werk sonder voldoende versagting en brandvoorkomingsmaatreëls nie.
  • Wees versigtig wanneer jy braaivleisvure maak.

Stoch versoek boere en die publiek om waaksaam en veilig te wees. Hy sê laat ons saamwerk om ons gemeenskap en omgewing te beskerm.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May      Daphné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.