On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   08:27 Tue, 10 Oct 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto deur Markus Winkler/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Maandag met 1,09% gedaal.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Maandag met algemene opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Oktober met R18/ton (+0,44%) geklim en teen R4 118/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Oktober 2023 met R7/ton (+0,18%) geklim en teen R4 005/ton gesluit.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Maandag met 1,14% gedaal.
  • Hierdie afname is die gevolg van sommige weerverwante tegniese verkope. Die res van die sojaboon kompleks het ook in die rooi inbeweeg.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2023 met R41/ton (-0,44%) gedaal en teen R9 315/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R53/ton gedaal en teen R9 265/ton.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Maandag met 1,73% afwaarts verhandel.
  • Hoewel die spanning in die Swartsee weer styg, het die mark nie op die nuus gereageer nie en steeds laer beweeg.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met effense opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2023 onveranderd verhandel en teen R6 203/ton gesluit. 
  • Die Desember 2023-kontrak het met R22/ton (+0,35%) geklim en gesluit teen R6 233/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.