Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 08:32 Tue, 22 Aug 2023

FOTO: Junior Aklei Chaky/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys het sedert die naweek verhandel teen ‘n sterk opwaartse tendens van ongeveer 1,35% hoër as die vorige verhandelingsdag.
- Verlede week Vrydag het die Amerikaanse mieliepryse gestyg as gevolg van handelaars wat 'n premie in ag geneem het vir die komende nabymaand kontrakprys.
- 'n Bykomende bekommernis is die potensiële kombinasie van verhoogde temperature en dorre toestande, 'n paring wat voortydige rypwording van gewasse kan veroorsaak.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Maandag met ‘n algemene sterk opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Augustus 2023 het met R80/ton (+2,21%) geklim en teen R3 695/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Augustus 2023 met R57/ton (+1,56%) geklim en teen R3 712/ton gesluit.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys het sedert die naweek verhandel teen ‘n sterk opwaartse tendens van ongeveer 1,95% hoër as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met skerp opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2023 met R193/ton (+2,02%) geklim en teen R9 733/ton gesluit.
- Die Maart 2024 kontrak het met R186/ton geklim en teen R9 830/ton. Dit is die tweede opeenvolgende verhandelingsdag wat sojaboonpryse skerp styg, die groot plaaslike stygings word meegebring deur sojaboonuitvoere wat spoed op tel en dus in die internasionale markte begin kompeteer.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys het sedert die naweek verhandel teen ‘n skerp opwaartse tendens van ongeveer 4,04% hoër as die vorige verhandelingsdag.
- Koringpryse het merkbaar hoër gespring namate handelaars die jongste nuus oor voortdurende gevegte tussen Rusland en Oekraïne geabsorbeer het wat die veilige deurgang van skeepsvaartuie in die Swartsee bedreig.
- Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met effense opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2023 met R10/ton (+0,15%) geklim en teen R6 700/ton gesluit.
- Die September 2023-kontrak het met R61/ton geklim en gesluit teen R6 715/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.