Agriculture
Landbounuus: Graan SA se uitvoerende hoof bedank─── ELSABÉ RICHARD 15:04 Wed, 05 Jul 2023

Die uitvoerende hoof van Graan SA het bedank. Dr. Pieter Taljaard sê hy en sy gesin verhuis binnekort na Kanada.
Hy het ’n aanbod aanvaar vir ’n landbou-sakebestuurspos in die provinsie Saskatchewan. Graan SA voorsitter Derek Matthews sê Taljaard het die geleentheid in elke situasie gesoek. Sy positiewe bydrae en kennis sal gemis word. Taljaard beskou dit as ’n opwindende geleentheid.
Die Namakwa-distriksmunisipaliteit se sloerdery met die herstel van paaie kos die Hamtam Munisipaliteit miljoene rande. Hantam VF Plus-raadslid Jan Palm sê die probleme en toestand van die grondpaaie tussen dorpe soos Calvinia, Loeriesfontein en Nieuwoudtville, is die laaste maande die kern van besprekings tussen georganiseerde landbou en dié party met die distriksmunisipaliteit.
Die Spesiale Ondersoekeenheid en die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom 'n betaling van byna R2 miljoen deur 'n Bloemfonteinse pastoor aan AgriSeta. Dié geld wat op ’n bedrieglike wyse van AgriSeta geëis is, was die opbrengs van onwettige aktiwiteite tussen 2016 en 2019.
Die Vrystaat-landboukollege buite Bloemfontein spog met sy eie kampus, proefplaas en koshuise. Kollegehoof dr. Antonie Geyer sê hulle beplan om in 2024 minstens 50 studente in te neem vir onder meer ’n eenjarige landbousertifikaat of tweejarige landboudiploma in spesialisrigtings.
EN
Die nuwe petrolprys laat verbruikers glimlag terwyl dieselverbruikers hul hand dieper in hul sak moet steek. Petrol kos tussen 17 en 24 sent per liter minder. Diesel se prys styg tussen 12 en 18 sent per liter, terwyl die prys van paraffien verminder het met 4 sent per liter.