On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Sojadiewe buite Petrus Steyn aangekeer

───   ELSABÉ RICHARD 14:23 Thu, 22 Jun 2023

Landbounuus: Sojadiewe buite Petrus Steyn aangekeer | News Article
FOTO: Polina Tankilevitch/Pexels.

Petrus Steyn se polisie en boere het Woensdag saamgespan om vermeende sojadiewe buite die dorp aan te keer.

Die twee verdagtes, van Delmas, het glo R450 000 se sojabone op ’n gehuurde vragmotor gelaai by Pertus Steyn se silo’s. Werknemers was verbaas toe hulle wegjaag sonder om dit te weeg. Die polisie se Mmako Mophiring sê hulle het die polisie en boere laat weet, wat die verdagtes van onderskeidelik 22 en 23 agternagesit het op die R57 in Reitz se rigting.

'n Span wat deur die Noord-Kaapse landboudepartement na die Keimoes-omgewing gestuur, soek steeds 'n luiperd wat vandeesweek in die omgewing gewaar is. 'n Besorgde inwoner, Sera Gewers, het inwoners van veral Uitbreidings 3, 6 en 7 vroeër gewaarsku om op hul hoede te wees.

Privaat eienaars in die leeubedryf wat vrywillig wil uittree, kan met die Ministeriële Taakspan oor opsies gesels. Leeu-eienaars moet die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing teen 21 Julie in kennis stel van hul voorneme. 

Die verwagte bo-gemiddelde reënval hierdie winter- en vroeë lente oor groot dele van die land sal goed wees vir sommige gewas- en veeproduksente. Maar die SA Weerdiens voorspel dié neerslae oor die somerreënvalstreek sal waarskynlik gering wees. Boere moet dus water bespaar en dit behoorlik berg. Goeie dreineringstelsels en ander toepaslike boerderypraktyke kan ook help tot somerreën weer uitsak.

EN ... Inskrywings vir 2023 se Jongboer van die Jaar sluit op 23 Junie. Beoordelaars konsentreer op uiteenlopende bestuursvaardighede, kennis van meganisasie en tegnologie asook gemeenskapsbetrokkenheid. Deelnemers sal nie beoordeel word op die grootte en geskiedenis van hul boerdery nie. TLU SA hoofbestuurder Bennie van Zyl sê dié kompetisie is ’n hoogtepunt van sy organisasie se jaarlikse werksaamhede.

OFM-nuus




@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.