On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Silowerkers van Petrus Steyn verstom oor sojadiewe se vermetelheid

───   11:28 Thu, 22 Jun 2023

 Silowerkers van Petrus Steyn verstom oor sojadiewe se vermetelheid | News Article

Petrus Steyn se polisie en boere het Woensdag saamgespan om vermeende soja-diewe ’n entjie buite die dorp aan te keer.

Die twee verdagtes van Delmas het glo die soja met ’n gehuurde vragmotor by Petrus Steyn se silo’s gelaai. Werknemers was verbaas om te sien dat hulle nie die vrag laat weeg het nie, maar bloot weggery het met R450 000 se sojabone.

Hulle het die polisie en boere laat weet, wat die verdagtes, van  22 en 23 jaar,  aangekeer het in Reitz se rigting op die R57.

Hulle sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Reitz verskyn.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.