On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Selfoonsein-verlies weens beurtkrag lei tot toename in misdaad

───   ELSABÉ RICHARD 08:13 Tue, 07 Mar 2023

Selfoonsein-verlies weens beurtkrag lei tot toename in misdaad  | News Article
FOTO deur Kindel Media: https://www.pexels.com/photo/close-up-photography-of-a-person-in-handcuffs-7714896/

Misdadigers trek nou voordeel uit beurtkrag in landelike gemeenskappe.

Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidsrisiko-analis, dr. Jane Buys, sê hulle kry toenemend klagtes van boere rakende die afwesigheid van selfoonseine/-netwerke in hul areas, wat kommunikasie bemoeilik. 

Dit belemmer ook landelike gemeenskappe se vermoë om nooddienste te kontak.

LEES OOK: Vrystaatse dorpe beplan om eie krag op te wek

Buys sê die Minister van Polisie, Bheki Cele, het onlangs bekend gemaak dat beurtkrag ‘n groot impak op misdaad het, maar dat die polisie nog nie ‘n opname gedoen het om die presiese impak te bepaal nie.

“Boere kla dat hul geen opvangs het nie, dat hul nie eens die kliëntediens-sentrums van selfoondiensverskaffers kan kontak om hul foutrapportering te doen nie. 

"Daar word ook gemeld dat met beurtkrag die afwesige of beperkte selfoonseine, daar ‘n toename is van misdaad wat boere negatief op hul plase beïnvloed, wat dus vir hulle ’n groot veiligheidsrisiko is.”

LEES OOK: Kommer oor traagheid om landelike veiligheidstrategie te implementeer

VL se Landelike Veiligheidskomitee het sy eie opname in 38 Vrystaatse boerderygemeenskappe gedoen om te sien watter impak beurtkrag op boerderybedrywighede het.

Die volgende bevindings is gemaak:

  • 57,5% van respondente ervaar 40 en meer ure se beurtkrag per week. Volgens Buys verteenwoordig dit tussen een en een-en-‘n-half werks- of produksiedae per week wat tot niet is. Dit lei tot ‘n 14%- tot 20%-produktiwiteitsverlies per week.
  • 40,55% van misdaad hou verband met produk-diefstal. Dit sluit in diesel, saad en kunsmis.
  • 24,9% het infrastruktuur-diefstal aangemeld, waaronder koperkabel-, sonpaneel- en sinkplaat-diefstal.
  • 18,43% het veediefstal aangemeld.
  • 15,7% het diefstal van implemente en voertuie gedurende beurtkrag ervaar.
  • 64,4% van die boere wat deelgeneem het, het gerapporteer dat hulle die afgelope drie maande tussen een tot vier misdaad-insidente weens beurtkrag ervaar het.
  • 21 boere het ook aangedui dat hulle tussen 5 tot 19 misdaad-insidente gehad het. “Dit beteken dat moontlik tussen 323 tot 768 misdaad-insidente tydens 'n 90-dae periode op 2% van plase in die Vrystaat plaasgevind het.

 

Beurtkrag en selfoonnetwerke

“Daar is gemiddeld vyf familielede op plase woonagtig. 92,5% van die persone gebruik Vodacom of MTN se diens. In 89,4% van gevalle het boere, hul families en werkers beperkte tot geen kommunikasie tydens beurtkrag nie.

“93,12% van respondente het aangetoon dat hul selfoon probleme ervaar met Vodacom of MTN buite beurtkrag skedules. Veral die gemeenskappe van Bultfontein, Clocolan, Dewetsdorp, Heilbron, Hoopstad, Jacobsdal, Kestell, Koppies, Marquard, Odendaalsrus, Petrusburg, Rosendal, Tweeling, Verkeerdevlei en Welkom se boerderygemeenskappe het aangedui dat die hele boerderygemeenskap toenemend negatief beïnvloed word deur swak selfoonseine/netwerke.

“Respondente skryf dit toe aan die impak van beurtkrag op die selfoonnetwerke.”

Volgens Buys het die opname ook getoon dat 58% van plaaswerkers, hul families en boere nie gedurende beurtkrag nooddienste in die hande kon kry nie, weens swak selfoonseine die afgelope drie maande.

LEES OOK: Wes-Kaapse Landbou LUR besoek VS, bekommerd oor landelike veiligheid

VL het ‘n lys van stappe geïdentifiseer wat landelike gemeenskappe kan help gedurende beurtkrag:

  1. Die organisasie stel voor dat selfoondiensverskaffers met dringende ingrypings vorendag kom, of selfs korting inbring vir boerderygemeenskappe, subsidies vir oprigting van wifi-torings en groen energie ten einde kommunikasie in landelike gebiede te verseker, asook ’n alternatiewe aanmeldsentrum of (WhatsApp) nommer daarstel vir fout rapportering, wat op sy beurt die impak en omvang van misdaad beter kan aanspreek; 
  2.  Groter noodsaaklikheid vir georganiseerde gemeenskappe en plaaswagte wat met radionetwerke kommunikeer; en
  3. die staat moet na vore tree om alternatiewe kommunikasienetwerke tot stand te bring via radio- en satellietverbindings.”

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.